OUDTSHOORN NUUS - Ses gesinne wat die afgelope tyf hulle huise en besittings in brande verloor het, is vanoggend verras met sakke kruideniersware.
Paul Amas en sy groep, House of Entertainment het die kruideniersware in samewerking met Sky Lounge aangekoop en aan die vyf gesinne oorhandig.
Hulle het dit deur bemiddeling van die plaaslike departement van maatskaplike ontwikkeling gedoen.
"Daar is nie 'n manier wat ons dit wat julle verloor het kan vervang nie, maar ons kan tog met hierdie klein gebaar 'n bydrae lewer om aan van julle behoeftes te voorsien," het hy by die Thusongsentrum aan die ontvangers van die kruideniersware gesê.
Volgens Amas beplan hulle om op 'n gereelde basis vertonings te hou wat daarop gemik is om geld vir behoeftiges in te samel.
Die eerste optrede vir hierdie doel is voorlopig op 28 Februarie by Brian's Grill.
Die skenkers is, van links: Dennis Adams en Gerrit Mathee (Sky Lounge) en Aniel Ewerts, Franklin Cupido en Paul Amas van House of Entertainment.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'