CALITZDORP NUUS - Boplaas Familie Wingerde in Calitzdorp het uitstekend gevaar by vanjaar se Michelangelo internasionale wynskou, die grootste wynskou in Suid-Afrika.
Boplaas was een van Suid-Afrika se toppresteerders met die ontvangs van twee platinum-, drie dubbelgoud-, vyf goud- en drie silwermedaljes.
Die platinummedaljes is toegeken vir Boplaas Cape Vintage Reserve Port 2016 en die Boplaas Whisky.
Die Boplaas Ring of Rocks 2015, Boplaas Heritage Muscadel 2013 en die Boplaas Cape Tawny Vintners Reserve Port het dubbelgoue medaljes gewen.
Goue medaljes is toegeken aan Boplaas Cape Vintage Port 2016, Boplaas The Chocolat Vintage Port 2016, Boplaas 15 jaar oue Potstill Brandewyn, Boplaas Small Batch Blended Whisky en die Boplaas Cape Tawny Port.
Silwermedaljes is toegeken aan Boplaas Touriga Nacional 2017, Boplaas Cape Pink Gin en Boplaas Eight Citrus Gin.
'Ons bring jou die nuutste Calitzdorp, Hessequa nuus'