OUDTSHOORN NUUS - Bongolethu Primary spog met die eerste plek, in die Wes-Kaap se 2023 provinsiale skooltuinkompetisie en het prysgeld van R15 000 ontvang.
Yoliswa Jafta, skoolhoof van Bongolethu Primary, is hulle geweldig trots op die skool se prestasie.
"Die eer moet eintlik gaan aan Tsebiso Marenene, ons tuinier. Hy het geweldig hard aan die tuin gewerk en kom self vakansies en naweke in om seker te maak dat die tuin natgemaak word, die onkruid uitgetrek word en dat alles veilig is."
Volgens haar word die groente wat gekweek word, nie net vir die skool se voedingskema gebruik nie, verkoop hulle ook van die groente en gebruik dit tydens geldinsamelingsgeleenthede.
Tsebiso Marenene Foto: Liezl van Niekerk
Lees die volle berig in die week se Oudtshoorn Courant.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’