Lloyd, `n portuurgroep ontwikkelingskoördineerder en fasiliteerder, het Oudtshoorn vanaf Maandag 4 Junie tot Vrydag 8 Junie besoek en het sy deel gedoen om seker te maak dat beter dienslewering vir gestremde persone verseker kan word.
Tydens hierdie bewusmakingsessie is groot klem geplaas op die toeganklikheid en struikelblokke wat persone met spesiale behoeftes in die gesig staar asook werksplasings vir gestremde persone. Verteenwoordigers van die onderskeie landdroskantore in Oudtshoorn, Ladismith, Prins Albert, Beaufort-Wes en Murraysburg was teenwoordig. Maandag en Dinsdag het Lloyd opleiding verskaf aan gestremde persone wat binnekort dienste in die gemeenskap aan gestremde persone sal lewer.
Woensdag en Donderdag het hy `n HIV/Vigs-werkswinkel aangebied.

Jacques Lloyd tydens `n HIV/Vigs-werskwinkel om opleiding te verskaf aan vrywilligers.