CALITZDORP NUUS - Die bekende Roline Nel, ma van Carel Nel van Boplaas, is op 29 Januarie in die ouderdom van 95 oorlede.
Sy was 'n bekende inwoner van Calitzdorp waar sy vir meer as 65 jaar woonagtig was.
Sy het vir meer as 30 jaar op die ACVV-bestuur gedien en was op verskeie vlakke by die gemeenskap betrokke.
Sy het 'n groot bydrae tot die sukses van Boplaas se droë vrugtebedryf sowel as die wyne gelewer.
Sy was baie nou betrokke by die maak van die droë vrugte in die vroeë tagtigs en was later met die vestiging van die wynbedryf, verantwoordelik vir die onthaal van gaste by die kelder.
Tot onlangs nog het sy gereeld op haar stoep saam met vriende gekuier en 'n glasie Boplaas Stoepsit Suavignon Blanc gedrink.
Dié gewilde wyn is na haar vernoem.
Sy laat haar seun, Carel en drie kleinkinders Rozanne, Margaux en Daniël agter.
Roline se gedenkdiens vind Saterdag om 09:30 in die NG Kerk Calitzdorp plaas.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'