NUUTSTE INLIGTING: 11:36 - DIE POLISIE HET BEVESTIG DAT DIE SEUN GEVIND IS.
OUDTSHOORN NUUS - Sbonelo Bobos, 'n 8-jarige seun, is gister deur sy ouers as vermis by die Oudtshoorn-polisiestasie aangemeld.
Volgens inligting wat deur die Oudtshoorn Courant bekom is, is hy ongeveer 14:00 gistermiddag laas by sy woning in Piedtstraat, Bridgton gesien.
Hy het glo vir sy ma gesê dat hy by maatjies in die pad sou gaan speel, maar hy het nie weer huis toe gegaan nie.
Hy het met sy verdwyning 'n geel kappietop, grys broek en blou en wit tekkies aangehad.
Enigiemand met inligting oor waar Bobos moontlik kan wees kan die polisie by 044 203 9022/9000 skakel.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'