Update
OUDTSHOORN NUUS - Die saak teen twee mans wat glo 'n bejaarde vrou in haar woonstel aangerand en beroof het is Maandag in die Oudtshoorn-landdroshof vir verhoor in die streekhof tot 2018 uitgestel.
Renier Claassen (33) en Ruan Nel (25) staan tereg op aanklagte van motordiefstal, huisbraak met die opset om te steel en roof verswarend.
Nel was tydens die voorval op parool, wat intussen ingetrek is, terwyl borgtog aan Claassen geweier is omdat hy 'n geneigdheid toon om misdaad te pleeg.
Die staatsaanklaer, Leonie van Rooyen, het gesê daar bestaan 'n baie groot waarskynlikheid dat hy weer by misdaad betrokke kan raak.
Landdros Roelf Konstabel het die saak vir verhoor in die streekhof tot 2 Februarie 2018 uitgestel.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'