TUINROETE | KAROO NUUS - Group Editors ondersteun die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) se Woord van die Week-inisiatief.
Om 'n woord te borg, besoek www.wat.co.za
taalmaker (taal-ma-ker) s.nw., taalmakers. Iem. wat taal skep of skeppend met taal omgaan: Die invloedrykste taalmaker van alle taalmakers is die subredakteur (Beeld, 21 Jun.2019, 14).
Vandag gaan daar al meer stemme op (van taalwetenskaplikes en skrywers, enersyds, en van die éíntlike taalmakers, die gewone mense, andersyds) wat die bemagtigende uitwerking van “dialektiese” vorme besef en erken — wat wéét dat Afrikaans veel ryker is as wat die burokrate en puriste probeer uitmaak het (G. Weideman in Karring 7, Somer, 1993 – 1994, 38).
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’