OUDTSHOORN NUUS - Nog 'n moord die afgelope naweek het Dysselsdorp-gemeenskap geruk nadat Jacobus Swartz (42) noodlottig met 'n gebreekte bottelnek gesteek is.
Volgens kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die Wes-Kaapse polisie, het die voorval Sondag 28 Junie in Michaelstraat, Dysselsdorp, plaasgevind.
"Die Dysselsdorp-polisie het 'n vrou in verband met die moord in hegtenis geneem. Sy het Dinsdag 30 Junie in die Oudtshoorn-landdroshof verskyn," het Van Wyk gesê.
Volgens inligting tot die polisie se beskikking was die verdagte na bewering in 'n verhouding met die oorledene.
Van Wyk het enigiemand met inligting versoek om die ondersoekbeampte, sers. Daniel Nel, by 079 893 9961 te kontak.
Die familie van die oorledene kon nie vir kommentaar bereik word nie.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’