OUDTSHOORN NUUS - Die saak teen ’n 46-jarige man en pa van drie kinders, wat van verkragting van ’n 15-jarige meisie aangekla word, is in die streekhof vir verhoor tot 25 Augustus uitgestel.
Die man, wat in aanhouding bly nadat borgtog aan hom geweier is, het volgens die ondersoekbeampte, ao. Michael Kock, die klaer die aand van 18 Januarie 2024 in sy motor gelaai en gesê dat hy oor ’n video van haar en haar kêrel beskik.
Hy het glo gedreig dat hy dit aan haar pa sou wys, maar sal uitwis indien sy met hom geslagsgemeenskap sou hê.
Die beskuldigde het nog nie gepleit nie en volgens wetgewing mag sy naam nie gepubliseer word nie.
Streeklanddros Ntsoki Moni het die saak as gevolg van ’n baie vol hofprogram vir verhoor tot 25 Augustus uitgestel.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’