OUDTSHOORN NUUS - Die saak teen ‘n 46-jarige pa van drie kinders, wat van verkragting van ‘n 15-jarige meisie aangekla word, is Maandag in die landdroshof vir verhoor na die streekhof oorgeplaas.
Die beskuldigde sou met sy laaste verskyning vir ‘n tweede keer om borgtog aansoek doen, maar sy regsverteenwoordiger, Lourens Swanepoel, het hom aan die saak onttrek.
Hy het die hof daarna meegedeel dat hy om regshulp aansoek wil doen.
Volgens die ondersoekbeampte, ao. Michael Kock, het die beskuldigde die klaer die aand van 18 Januarie vanjaar in sy motor gelaai en gesê dat hy oor 'n video van haar en haar kêrel beskik. Hy het gedreig dat hy dit aan haar pa sou wys, maar sou uitwis indien sy met hom seks sou hê.
Die beskuldigde se naam mag volgens wet nie gepubliseer word voor hy nie gepleit het nie. Hy bly in aanhouding.
Die saak is vir verhoor na streekhof 3 oorgeplaas en verdaag tot 14 Junie. Die beskuldigde bly in aanhouding.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’