Die derde plek was onder die kategorie, Arrestasies van die Jaar. Sers. Christopher Jakobs en sers. Jan Plaatjies het die eer ontvang nadat hulle tydens ’n huisbraak verdagtes in hegtenis geneem het vir gesteelde wapens.
Die wapens is uit die huis se kluis gesteel. Een van die verdagtes het hulle na die plek geneem waar die wapens versteek was.
Die distrikskommissaris, generaal-majoor Phumzile Cetyana, het tydens die geleentheid genoem dat hy ongelooflik trots is op al die lede wat toekennings ontvang het.
"Ek is trots op die hard werk, lojaliteit en toewyding waarmee hulle, hul daaglikse take uitvoer. Hierdie spanne word ondersteun deur uitstaande rolspelers, ’n effektiewe gemeenskapspolisiëringsforum en verskeie gemeenskapsveiligheid strukture.
"Almal se samewerking en toewyding het gelei tot die spesiale toekennings aan lede. Ons sien uit daarna om almal aan boord te hê vir ’n veilige vakansieseisoen wat op hande is."
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’