PRINS ALBERT NUUS - R14 000 se dwelms is op 28 Desember is deur polisie gekonfiskeer op die N1 naby Prins Albert.
Lede verbonde aan die sentrale Karoo 'Flying Squad’ het ongeveer 15:20 Sondagmiddag tydens ‘n spesiale operasie ‘n verdagte man naby die Prins Albert-pad opgemerk.
Hulle het die man ondersoek en dwelms op hom gevind.
Lede het 58 Mandrax-tablette en ses pakkies Methamphetamine (Tik) in sy besit gevind. Hy is op die toneel gearresteer vir die besit van dwelms.
Die 28-jarige man bly in aanhouding en sal op ‘n klagte van dwelmhandel in die Prins Albert-landdroshof verskyn.
Die arrestasie vorm deel van die polisie se ontplooing van ekstra bronne om misdaad gedurende die feesseisoen hok te slaan.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’