OUDTSHOORN NUUS - Die saak teen 'n bewaarder van Korrektiewe Dienste wat teregstaan op aanklagte van aanranding met die opset om ernstig te beseer, en opsetlike saakbeskadiging is verlede week in die Oudtshoorn-streekhof vir verdere vertoë deur die streekhofbeheeraanklaer tot 15 Oktober uitgestel.
Roegelin Campher (40) word daarvan beskuldig dat hy glo sy vrou op 16 Maart vanjaar aangerand en haar motor beskadig het.
Borgtog is aanvanklik in die landdroshof aan hom geweier omdat hy al voorheen beskermingsbevele en borgtogvoorwaardes verontagsaam het.
Landdros Stephanie Strydom het met sy eerste borgtogaansoek gesê dit is duidelik dat daar 'n geskiedenis van geweld in die verhouding is met 'n vierde klagte binne agt maande.
Campher het aangedui dat hy onskuldig sal pleit.
Tydens 'n tweede borgtogaansoek op nuwe feite het die hof borgtog van R2 000 aan Campher toegestaan met streng voorwaardes.
Die saak is vir verhoor na die streekhof oorgeplaas en is op 12 September finaal deur landdros Daniel Boks tot 15 Oktober uitgestel.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’