OUDTSHOORN NUUS - Die saak teen ’n 35-jarige man van Dysselsdorp, wat teregstaan op aanklagte van aanranding om ernstig te beseer, aanranding gewoon en verset teen arrestasie, is verlede week in die Oudtshoorn-streekhof vir uitspraak tot 26 Mei uitgestel.
Jan April word daarvan aangekla dat hy die aand van 20 Mei 2023 sy meisie en haar suster met ’n ketting geslaan het.
Die volgende dag het hy met ’n okapi-mes na een van twee polisiebeamptes gesteek en hom teen arrestasie verset.
Hy ontken alle bewerings teen hom en sê dat hy nie daarvan bewus is nie.
Die staatsaanklaer, Nadia Arnolds, het die hof versoek om April se weergawes te verwerp omdat dit nie redelik moontlik waar is nie en hy op al die aanklagte skuldig bevind word.
Afrika se regshulpprokureur, Brian Carelse, voer aan dat die staat nie sy saak bo redelike twyfel bewys het nie, en hy vrygespreek moet word.
Die saak dien voor streeklanddros Daniel Boks en April bly in aanhouding.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’