OUDTSHOORN NUUS - Lede van die Oudtshoorn-misdaadvoorkomingseenheid het verlede Vrydag, 111 liter drank op 'n perseel in Bonteboklaan, Bridgton gekonfiskeer.
Volgens sers. Chris Spies, Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, het die lede 'n 34-jarige vrou is in hegtenis geneem op 'n aanklag van die handel in drank sonder 'n lisensie.
Dit vorm deel van 'n operasie wat die naweek lede van die Tuinroete-polisie uitgevoer is om die onwettige handel in drank hok te slaan.
In Thabo Mbeko Square, Bongolethu, is daar ook verlede Vrydag 'n 56-jarige man in hegtenis geneem.
Spies sê polisiebeamptes het die huis deursoek en daar is op 22 bottels verskillende versnitte bier beslag gelê.
Dwelms
Verder, is daar in Dysselsdorp gereageer op 'n wenk oor onwettige aktiwiteite by huis by Beleliestraat.
Die waaksame lede het beslag gelê op 12 Mandrax-tablette, 31 bankies dagga en vyf bierkratte met 750 ml-bottels.
Twee verdagtes van 33 en 57 jaar oud wat op die perseel gevind is, is in hegtenis geneem. Hulle staan tereg op aanklagte van handel in dwelms asook 'n aanklag van die handel van drank sonder 'n lisensie.
Diegene wat in hegtenis geneem is, sal in die Oudtshoorn-landdroshof verskyn sodra hulle aangekla word.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’