OUDTSHOORN NUUS - Die saak teen drie moordverdagtes, twee van Dysselsdorp en die ander, die stiefbroer van die oorledene, is verlede Donderdag in die Oudtshoorn-streekhof uiteindelik vir pleit en verhoor tot 29 Februarie uitgestel.
Herman Redelinghuys (24) word saam met Abraham Swartbooi en Adrian Isaacs daarvan aangekla dat hulle op 11 Januarie 2023 vir Jacques Liebenberg, Redelinghuys se stiefbroer, vermoor het.
Liebenberg se liggaam is die volgende dag met veelvuldige steekwonde, deur polisiebeamptes van Dysselsdorp, langs die Kammanassie-pad gevind en die drie verdagtes is kort daarna in hegtenis geneem.
Daar word beweer dat Redelinghuys glo vir Swartbooi en Isaacs elk R700 aangebied om hom te help om Liebenberg te vermoor. Die saak is al telkemale en om verskeie redes, uitgestel ondermeer weens onderhandelinge tussen Redelinghuys en die staat om 'n pleitooreenkoms wat egter nie gerealiseer het nie.
Redelinghuys en die ander twee verdagtes se borgtogaansoek is in Maart verlede jaar verwerp. Volgens die landdros het Redelinghuys tydens 'n hofverskyning gesê het dat hy beoog om onskuldig te pleit tydens sy verhoor, dit nadat hy 'n bekentenis by die polisie afgelê het, wat hy later aangevoer het nie uit vrye wil was nie.
Die saak dien voor streeklanddros Ntsoki Moni en Hyron Goulding is die aanklaer.
Redelinghuys word deur adv. Benito Metembo, in opdrag van Duvenhage, Keyzer en Jonck Prokureurs verteenwoordig, en sy medebeskuldigdes deur Margareta Aucamp van die plaaslike Regshupraad.
Vorige artikels
- Stiefbroer-moordsaak vir pleit uitgestel
- Beweerde moordenaar vra sielkundige hulp
- Geen borgtog vir vermeende moordenaar
- Kamanassie moord uitgestel
- Kamanassie-moord: Borgtog laat vaar
- Campher teen borgtog vir Redlinghuys
- Kamanassie-pad moord
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’