DE RUST-NUUS - Die soektog na die 22-jarige Lucrucia Pieterse van De Rust het Saterdag 27 Junie ’n tragiese einde bereik toe haar liggaam in die Kleingeluk-omgewing net buite die dorp gevind is.
Pieterse is sedert 4 Junie vermis.
Volgens ’n familielid, Christene Avril, het sy op die aand van haar verdwyning vanaf die Kleingeluk-plaas, waar sy saam met vriende gekuier het, te voet terug dorp toe vertrek.
Sy is daarna nie weer gesien nie.
Avril sê die familie het tot op die laaste gehoop dat sy lewend gevind sou word, maar het Saterdag die hartseer bevestiging van haar dood ontvang nadat haar liggaam opgespoor is.
’n Navraag vir verdere besonderhede, onder andere ook die oorsaak van die dood, is aan die polisie gerig.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’