CALITZDORP NUUS - 'n Man van Calitzdorp wat skuldig bevind is op twee aanklagte van huisbraak met die opset om te steel, menseroof, opsetlike saakbeskadiging en aanranding is verlede week in die Oudtshoorn-streekhof tot tien jaar tronkstraf gevonnis.
Streeklanddros Ntsoki Moni, het Kobus Coetzee se getuienis verwerp en die staatsaanklaer Hyron Goulding, het die hof versoek om hom op al die aanklagte skuldig te bevind.
Coetzee is daaraan skuldig bevind dat hy by twee huise ingebreek en ook ‘n 16-jarige meisie ontvoer het en haar ernstig aangerand het deur haar met ‘n mes te steek.
Sy vinger- en handpalmafdrukke op ‘n stuk gebreekte glas en ‘n reukweerder spuitkannetjie het hom met die inbrake verbind.
Die hof het van die aanklagte vir vonnisoplegging saamgeneem en Coetzee ook onbevoeg verklaar om ‘n vuurwapen te besit.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’