OUDTSHOORN NUUS - Oudtshoorn-polisie ondersoek 'n saak van moord nadat 'n 30-jarige man van Rosevalley Saterdagaand 1 Februarie om 04:30 vermoor is.
Volgens inligting wil dit voorkom of die man se meisie hom met 'n mes gesteek het.
Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, sers. Christopher Spies, het die voorval bevestig.
"Voorlopige verslae toon dat Oudtshoorn-polisie ontbied is na die woning in Rosevalley waar hulle 'n man met 'n meswond aan sy bors gevind het. Met aankoms is die man dood verklaar deur paramedici op die toneel. Die verdagte wat bekend is aan die polisie het op vlug geslaan. "
Tans is die identiteit van die oorledene nog nie bekendgemaak nie.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’