OUDTSHOORN COURANT - Roydin Jaars (16) van Bridgton is vanoggend, 20 Januarie, deur familie dood in sy bed aangetref na hy na bewering gister, 19 Januarie, deur ’n 11-jarige met ’n mes gesteek is.
Volgens Roydin se suster, Jasmine Theart, is die vermeende messteker aan hulle bekend en was Roydin kort na die voorval per ambulans na die Oudtshoorn-hospitaal geneem.
Theart sê dat hy by die hospitaal steke ontvang het na die wond skoongemaak is.
“Hy is daarna huis toe gestuur. Vanoggend is hy oorlede.”
Oudtshoorn Courant het navrae aan die departement van gesondheid, sowel as die polisie gerig. Meer inligting volg soos dit bekend word. Hou ook die week se koerant dop.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’