Advertorial
OUDTSHOORN SAKENUUS - Vrouedag is 'n baie spesiale dag waar ons as vroue erkenning kry vir ons harde werk en toewyding aan ons beroep en ons gesinne. So sê Stephanie Botha, werknemer by Jahkals Events, waar sy hoofsaaklik verantwoordelik vir die skakeling tussen die maatskappy en deelnemers.
Jahkals Events is 'n maatskappy wat padwedlope en bergfietstoernooie organiseer.
Stephanie sê dat die deursettingsvermoë en vasberadenheid van vrouedeelnemers haar daagliks motiveer om selfs nog meer kwaliteit wedrenne te beplan om vroue die platform te gee om hulself in hul sport uit te leef.
"Oor die algemeen inspireer sterk vroue soos Helen Zille, Prinses Diana en Moeder Theresa my omdat hulle waarlik 'n goeie voorbeeld gestel het en dus 'n inspirasie vir alle vroue behoort te wees."
Om vroue te bemagtig bied Stephanie ook gereelde opleiding aan verskeie studente tydens hul wedrenne sodat hulle eendag 'n loopbaan in beplanning kan uitkerf.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'