Gallery Sponsored Content
BESIGHEIDSNUUS - Watson & Brink Apteek, die oudste apteek in Oudtshoorn, spog met 'n geskiedenis wat oor meer as 140 jaar strek. Die apteek, wat in 1883 as Lennon's Apteek gestig is, het deur die dekades ontwikkel tot 'n instelling wat diep gewortel is in die gemeenskap.
In 1941 het mnr. Watson die apteek oorgeneem en dit hernoem na Watson's Apteek. Twee dekades later, in 1961, het Gerard Brink as vennoot aangesluit, waarna die onderneming bekendgestaan het as Watson & Brink Apteek.
FOTOGALERY: Oudste apteek Watson & Brink se nalatenskap
Watson het in 1980 afgetree, gevolg deur Brink in 1990. Sedertdien het nuwe vennote die trotse nalatenskap van hierdie apteek onder dieselfde naam voortgesit.
Lourens Theron was een van die eerste vennote, waarna Theron Mentz in 1998 aangesluit het en De Wet Scheepers in 2001.
In 1997 is besluit om Queens Mall Apteek te stig om 'n aanvullende diens te lewer aan die gemeenskap. Beide apteke deel die kernwaardes van uitstekende diens en toewyding aan hulle kliënte.
Die vennote is dit eens dat hul sukses deur die jare grootliks te danke is aan die feit dat die apteke diep gewortel is in die gemeenskap en deur plaaslike inwoners bestuur word. "Ons apteke is generasie-besighede, en omdat ons self van Oudtshoorn is, verstaan ons die behoeftes van ons kliënte," verduidelik hulle.
Die apteke is nie net diensverskaffers nie, maar ook aktiewe deelnemers aan gemeenskapsontwikkeling. "Ons was nog altyd deel van die gemeenskap. Ons help graag ons skole en instansies waar moontlik. Hierdie betrokkenheid is slegs moontlik danksy die volgehoue ondersteuning van ons kliënte. Net soos ons kliënte ons ondersteun, wil ons ook ons kliënte ondersteun," sê die vennote.
Die vennote vertel verder dat hulle uitstekende verhoudinge met die plaaslike dokters en gee werk aan ongeveer 40 inwoners tussen die twee apteke.
Met meer as 'n eeu van dienslewering agter die rug, bly Watson & Brink Apteek 'n hoeksteen van Oudtshoorn se geskiedenis en 'n baken van betroubare gesondheidsorg.
Dienste
Beide die apteke bied volledige aptekersdienste aan hul kliënte, wat ook basiese kliniekdienste insluit.
Dienste:
- Kliniekdienste: By Watsons & Brink Apteek, sowel as Queen's Apteek is gekwalifiseerde verpleegsters wat basiese dienste soos baba-inentings, gesinsbeplanningsdienste, geringe wondsorg, steke verwyder, inentings, borsvoedingsadvies en bloeddruk-, glukose, cholesterol en ystertoetse bied.
- Aflewerings: Die apteke lewer gratis aan al die tehuise en aftreeoorde vir bejaardes in Oudtshoorn en bied ook 'n afleweringsdiens aan ander kliënte wat dit benodig.
- Rekeninge: Kliënte kan ook hul medikasie op rekening by beide die apteke koop.
Ure:
Beide apteke is regdeur die jaar, insluitende vakansiedae en na-ure oop en beskik oor 'n noodnommer: 082 453 6701.
Queen's Apteek se tye:
• Maandae tot Vrydae
08:30?- 19:00?
• Saterdae
08:30- 13:00
18:00 - 19:00
• Sondae
10:00- 12:00
18:00- 19:00
• Die apteek is ook op Kersdag vir een uur oop.
• Kliniektye: Maandae tot Vrydae 08:30 tot 17:00
Watson & Brink Apteek se tye:
• Maandae tot Vrydae
08:30 - 17:30
• Saterdae
08:30 - 13:00
• Sondae
Gesluit
• Kliniektye: Maandae tot Vrydae
08:30 tot 14:00
Interessante feite
- Met so 'n lang geskiedenis kom ander interessanthede.
Posbusnommer 2 by die Oudts-hoorn-poskantoor behoort al sedert 1883 aan Watson & Brink Apteek. - Die apteekgroep bank al 142 jaar by Standard Bank en het al twee keer ereplate van die bank vir hul getroue ondersteuning ontvang. Beide die plate pronk in Watson & Brink Apteek.
Langsdienende personeel
Thea Fourie en Irene Fourie bring saam bykans 100 jaar se ervaring na Watson & Brink en Queen's Apteke. Thea, wat hierdie Desember haar 55ste jaar by die apteek vier, is sedert sy 19 jaar oud deel van die span. Sy het as administratiewe klerk in die administratiewe afdeling begin en het deur die jare 'n onmisbare rol in die apteek gespeel. Irene het altesaam 40 jaar diens by die twee apteke en dien tans as vloerbestuurder. Haar toewyding en ervaring dra daagliks by tot die gladde funksionering van die apteke en hul kliëntediens.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’