Advertorial
TUINROETE | KAROO NUUS - Renosterbos is 'n leefstylontwikkeling wat iets vir elke lewensfase bied. Daar is 'n keuse van ruim gesinswonings, voltitel-huise vir 50-plussers, luukse woonstelle met bystand vir ouerwordendes en uiteindelik ook 'n versorgingsentrum.
Die landgoed is bo-op 'n kop in die prentjiemooi Mosselbaai, slegs 3 km vanaf Hartenbos se hoofstrand geleë. Met die hoër ligging, bied die landgoed ongelooflike uitsigte oor die berge en see.
Met uitgestrekte groen areas, bied dit 'n rustige, veilige omgewing waarin mens 'n kwaliteit leefstyl kan geniet.
"Ons pragtige gesinserwe met hul noordelike uitsig oor die Outeniquaberge en die baai, is werklik iets besonders. Kom bou self jou droomhuis of laat ons toe om vir jou 'n pragwoning te ontwerp en te bou," nooi die ontwikkelaars.
Die gesinserwe wissel tussen 600 en 880m² in grootte en is beskikbaar vanaf slegs R800 000. Met uitstekende sekuriteit en 'n pragtige natuurlike omgewing is dit die perfekte plek om kinders groot te maak. Daar is slegs nog 'n beperkte aantal erwe beskikbaar so moenie talm nie.
By ons voltitel-huise vir 50-plussers is daar vyf verskillende plot-en-plan-opsies om te oorweeg.
Twee slaapkamer-, twee badkamer-, enkel-motorhuiseenhede is beskikbaar vanaf R2 350 000 en drie slaapkamer, twee badkamer, dubbelmotorhuiseenhede vanaf R3 100 000. Die eenhede spog met stylvolle afwerkings van die hoogste gehalte.
Vir die 50-plussers wat daarvan hou om rond te rits is die luukse woonstelle die ideale toesluit-en-gaan tuiste. Hierdie ruim eenhede bestaan uit 2 slaapkamers, 2 badkamers, 'n oopplan-kombuis en -leefarea en groot onderdakpatios met 'n enkelmotorhuis.
Die vloeroppervlakte van hierdie eenhede wissel tussen 141m² en 188m² en daar is geen tekort aan spasie nie. Elke eenheid is op 'n enkelvlak geleë en daar is 'n huisbak in die gebou wat toegang tot die eerste vloer gee. Die woonstelle kyk uit oor 'n natuurlike kloof met ongerepte uitsigte.
Eenhede is beskikbaar vanaf R1 800 000 met lewensreg, of R2 200 000 as deeltitel. 50% van die eenhede is reeds verkoop, so moenie gras onder jou voete laat groei en hierdie geleentheid misloop nie.
"Kom kyk self hoekom almal praat oor Renosterbos en maak jou droomhuis by die see 'n werklikheid. Jonk of oud, ons het beslis die ideale tuiste vir jou."
Besoek ons webblad www.renosterbosestate.co.za of skakel ons by 082 766 1705.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'