Gallery Sponsored Content
SAKENUUS - Red Poppies Interiors, ‘n juweel vir binnehuisversiering in Oudtshoorn, bied alles wat 'n mens nodig het vir dekor, styl en geskenke.
Lynette Janse van Rensburg, die eienaar, het die oog om enige spasie in 'n lushof te omskep.
Die besigheid, wat in 1999 gestig is, het in 2017 vanaf Johannesburg na Oudtshoorn verskuif. Lynette het sewe jaar gelede die stap geneem om Robins Nest in Kerkstraat oor te neem en het sedertdien ‘n unieke flair in die dorp ingebring.
Haar onderneming het 'n jaar gelede na Van der Rietstraat, langs Camp Roadhouse geskuif.
"Ek glo daarin dat elke spasie wat mooi gemaak word die persoonlikheid en leefstyl van die kliënt moet reflekteer," vertel sy.
Daarom verkies sy om persoonlik met elkeen van haar kliënte te werk, hoewel sy virtuele konsultasies ook doen.
Dié onderneming het ‘n gevestigde kliëntebasis regoor die land en fokus op residensiële- en klein korporatiewe projekte sowel as gastehuise.
By Red Poppies Interior kan kliënte Lynette se ontwerptalent en haar gevoel vir spasie en styl eerstehands ervaar.
Die vertoonlokaal van die winkel getuig van kundigheid, smaak en 'n aanvoeling vir presies die regte meubelstuk of bybehore op die regte plek.
Die geskenkwinkel bied ‘n verskeidenheid mooimaakitems, waaronder dekoratiewe lampe, matte vir binne en buite, gegeurde kerse, kersblakers, keramiekpotte, strooi kussings en beelde. Hierdie items bring ‘n tikkie gesofistikeerdheid en warmte na enige spasie.
Lynette sê dat binnenshuise versiering jou nie 'n fortuin hoef te kos nie, maar dat dit wel baie belangrik is om jou dekor visie stap vir stap te beplan.
Die span by Red Poppies bestaan uit Linda Theron, wat die winkelbestuurder is, vier voltydse stiksters, twee uithelp-stiksters en deeltydse installeerders wat alles inspan om die hoogste gehalte en diens aan kliënte te lewer.
Hul spesialisdienste sluit die ontwerp van ‘n spasie, meubeluitleg asook die vervaardiging, verskaffing en installering van gordyne, romeinse blindings, muurpapier, strooi kussings en soveel meer in.
Hulle is ook bedrywig met die herbekleedsel en opknapping van bestaande meubels, asook die vervaardiging van nuwe meubels soos banke, stoele, kopstukke en ottomans.
- Webwerf: https://redpoppies.co.za/
- Facebook: https://www.facebook.com/RedPoppiesInteriors/
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’