Advertorial
SAKENUUS - Rawson Properties De Rust het onlangs 'n opwindende nuwe hoofstuk ingelui met die opening van sy kantoor op 'n nuwe perseel in Schoemanstraat.
Onder die bestuur van Eloise du Preez en Marius Alberts sien die span daarna uit om voort te bou op Rawson se gevestigde teenwoordigheid in De Rust en die omliggende gebiede.
Hoewel Rawson Properties reeds vir baie jare deel van die De Rust-gemeenskap is, bring die nuwe bestuur vars energie, 'n kliëntgerigte benadering en 'n passie vir uitstekende diens.
Die doel is om voort te bou op die handelsmerk se sterk reputasie terwyl persoonlike, professionele diens aan elke kliënt gelewer word.
Rawson Properties De Rust bied 'n volledige reeks eiendomsdienste, insluitend die verkoop en verhuring van residensiële eiendomme, plase, kleinhoewes en erwe, asook eiendomswaardasies en professionele eiendomsadvies.
Die kantoor bedien De Rust, Klaarstroom, Meiringspoort, Middelplaas, Stompdriftdam en omliggende gebiede.
"Ons is opgewonde oor hierdie nuwe hoofstuk en baie dankbaar vir die warm ontvangs wat ons reeds van die gemeenskap ontvang het," sê Eloise du Preez. "Ons sien daarna uit om mense te help om hul eiendomsdoelwitte te bereik en om 'n positiewe bydrae tot die De Rust-gemeenskap te lewer."
'n Spesiale kompetisie vir verkopers
Om die opening van hierdie nuwe hoofstuk te vier, begin Rawson Properties De Rust ook 'n spesiale kompetisie vanaf 1 Julie tot 1 Januarie 2027.
Verkopers wat gedurende hierdie tydperk 'n alleenmandaat met Rawson Properties De Rust teken, staan die kans om elke maand 'n prys te wen. Elke maand word een gelukkige wenner getrek wat 'n ete vir twee ter waarde van R500 by Die Herrie kan wen.
Aan die einde van die kompetisie wag daar ook 'n groot prys: een gelukkige verkoper staan 'n kans om 'n wegbreek vir twee nagte vir twee persone by 'n bekende Airbnb in Mosselbaai te wen.
"Ons wil graag vir ons kliënte dankie sê vir hul ondersteuning en vertroue. Hierdie kompetisie is net 'n klein manier om ons waardering te wys en saam met die gemeenskap hierdie nuwe hoofstuk te vier," sê Marius Alberts
Die kantoor is geleë by Schoemanstraat 5A, De Rust, gerieflik langs Die Herrie, en inwoners word uitgenooi om in te loer vir enige navrae rakende die koop, verkoop of verhuring van eiendom.
Buite staan Ernest Fourie, Karien Koukakis, Marius Alberts, Reuel Leach, Eloise du Preez, Michelle Ras en Nelda Leach. Foto: Louise Mouton
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’