Advertorial
OUDTSHOORN SAKENUUS - Na vyftig jaar is die derde geslag De Villierse nou ook by Pit-Stop om klante van puik onderdele- en swembaddiens te voorsien.
Gideon Blignaut de Villiers (Deon sr.) het hierdie week vertel hoe hy as 'n entrepreneur van 30 in 1968 die eerste Pit-Stop in Adderleystraat oopgemaak het.
"Ek het in Worcester by Trustbank gewerk en toe besluit om 'n onderdelebesigheid te begin wat almal nodig het, 'n plek wat elke motoreienaar se pit-stop kan wees."
Ses jaar later het Deon in 1974 die onderneming na die huidige perseel in Voortrekkerweg verskuif. Met die verskuiwing het hy die onderdele-afdeling aangevul met 'n swembaddiens wat oor die jare uitgebrei het tot Pool-Stop wat vandag nie net in alle swembadbehoeftes voorsien nie, maar ook swembaddens installeer.
Deon se seun, ook Gideon Blignaut (Blain) het kort na matriek in 1986 by sy pa se besigheid aangesluit. Sedertdien het die pa en seun Pit-Stop en Pool-Stop opgebou tot 'n onderneming met 12 permanente werknemers en 'n puik diensrekord. Deon het twee jaar gelede op 78 besluit om sy aftrede te geniet en is sedertdien tuis. Hy vertel dat 'n vriend destyds iemand gekry het om die embleem van Pit-Stop te ontwerp. Die embleem is in 50 jaar nooit verander nie. Hy het voor sy aftrede die voorreg gehad om sy kleinseun, ook Gideon Blignaut (Deon jr. ) vir twee jaar touwys te maak nadat hy in 2014 by Pit-Stop aangesluit het. Sover bekend is Pit-Stop die tweede oudste besigheid in Oudtshoorn wat ononderbroke onder dieselfde naam en deur dieselfde gesin besit word.
Nadat Pit-Stop vyf jaar gelede amptelik ook 'n Battery Centre-tak geword het voorsien hulle nou in bykans elke denkbare motoronderdeel. Voeg hierby hulle puik rekord as swembadagente en mens sal verstaan waarom hulle dwarsoor die Suid-Kaap bekend is vir diens en kwaliteitprodukte. Pit-Stop is skuins oorkant die Seppie Greeff-gebou in Voortrekkerstraat geleë en is weeksdae vanaf 08:00 tot 17:30 en Saterdae tussen 08:00 en 13:00 oop.
Kontak die Pit-Stopspan telefonies by 044 279 1819 en 083 7009 455 of per e-pos by pitstop007@absamail.co.za.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'