Gallery Sponsored Content
OUDTSHOORN SAKENUUS - The Local Choice Pharmacy is 'n splinternuwe apteek wat sy deure in Oudtshoorn geopen het.
Hoewel hul hoofdoel gesondheidsorg is, is hul fokus sterk gemeenskapsgeoriënteerd.
Hugo Potgieter, besturende direkteur van die apteek, verduidelik hy en sy vennoot, Peter Stapelberg, het 'n geleentheid gesoek om 'n besigheid, wat op Koninkrykbeginsels funksioneer, aan te pak.
Volgens hom het Oudtshoorn oor hulle pad gekom en het alles in plek geval.
"Oudtshoorn bied so baie in terme van sy omgewing en mense, en ons wil deelneem in ’n kultuur wat omgee en groei."
The Local Choice Pharmacy se fokus is nie op mededinging nie, maar op die diens aan die gemeenskap. Hulle is daartoe verbind om besigheid op ‘n ander manier te doen - met ’n hart vir die mense rondom hulle.
"Ons doel is om nie net gesondheid nie, maar ook om die gemeenskap se welstand te bevorder. Ons sal in noue kontak wees met wat die gemeenskap nodig het en altyd bereid wees om te luister en te reageer."
Amptelike opening
The Local Choice Pharmacy se amptelike openingsgeleentheid vind op 14 Februarie plaas en vorm deel van die Wesbank Leopard Crawl op 15 Februarie.
Dienste
Behalwe vir die verskaf van medikasie, bied hulle ook kliniekdienste deur 'n gekwalifiseerde suster aan. Sy sal ook die ELIM-skanderings en ontleding behartig.
Dit behels 'n volledige skandering van die liggaam tot op sellulêre vlak om die grondoorsaak van die volgende simptome te bepaal: chroniese moegheid, depressie, stres, hormonale versteurings, spysverteringskwessies, cholesterol- en insulienvlakke, pyn, inflammasie, vitamien- en mineraaltekorte, swaarmetale en vele meer.
Hulle hou ook verskeidenheid unieke produkte aan - van VERSUS-kouse en Havaianas-plakkies tot skryfbehoeftes en skoolbenodighede.
The Local Choice Pharmacy beskik ook oor 'n gratis afleweringsdiens.
Foto verskaf.
Kliëntediens
Elke kliënt wat by The Local Choice Pharmacy se deur instap kan verseker wees van vriendelike, professionele en hulpvaardige diens.
Die span van 14 personeel, insluitend twee aptekers, Nadine Claassen en Hannes Nieuwoudt, staan gereed om te help met enige gesondheids- of apteekbehoeftes.
Lojaliteitsprogramme en afslag
As deel van die The Local Choice-franchise, bied hulle ook ‘n lojaliteitskaart aan wat direk afslag op sekere produkte gee. Hierdie kaart is beskikbaar by die betaalpunt, ‘n lekker manier om te spaar op jou gereelde aankope.
Diensure
Die apteek is Maandag tot Vrydag van 08:00 tot 19:00 oop. Saterdae van 09:00 tot 13:00 en weer van 17:00 tot 19:00. Sondae is hulle gesluit. Die apteek is egter op vakansiedae vanaf 09:00 tot 13:00 oop.
Vir dringende gevalle is daar ‘n noodnommer: 076 540 0568.
‘We bring you the latest Garden Route, Hessequa, Karoo news’