Die alombekende wynmaker van Boplaas in Calitzdorp, Carel Nel, en Suzanne Broeksma wat Master Maths asook Master Science op die dorp bedryf, was die ontvangers en het ook meer oor hul besigheidsfilosofie gedeel.
Talle bekende plaaslike sakemanne het die geleentheid, by Boplaas se proelokaal, bygewoon.
Nel het verduidelik dat geduld 'n sleutelaspek van sukses in die wynbedryf is. Boplaas is 'n familiebesigheid wat reeds in 1880 brandewyn gestook het. Broeksma, wat groot sukses met haar leerondersteuningsentrum behaal, het die belangrikheid van beplanning en refleksie beklemtoon.
Volgens Jacques Strydom van Sanlam sal dié aand voortaan 'n jaarlikse instelling wees; 'n geleentheid vir sakelui om skouers te skuur en ook by mekaar te leer.
Klik hier vir 'n vorige nuusflits.
Van links staan Johan Smit, Jos de Villiers, Suzanne Broeksma, Jacques Strydom, Rozanne en Carel Nel, Coen Basson en Koos du Plessis.
ARTIKEL EN FOTO: JACQUES SWART, OUDTSHOORN COURANT-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein-Karoo nuus'