Advertorial
BESIGHEIDSNUUS - Afgesien van ‘n uiters hoë akademiese standaard waarop leerders kan staatmaak, is die skool gerig op die vorming van die leerders oor ‘n breë spektrum van lewensvaardighede en lewenskwaliteite.
Hier word van seuns verantwoordelike jong mans gemaak. Die breë vakkeuse bied studiegeleenthede in enige beroepsrigting.
Die 2024 gr. 12-klas behaal ‘n 100% slaagsyfer en 81 van die 84 matrieks behaal matrikulasievrystelling. Nege leerders behaal gemiddelde A-simbole met Kéan Enslin wat 90% gemiddeld behaal en 8 onderskeidings verwerf. ‘n Totaal van 121 vak A-simbole word ook behaal en die gemiddelde persentasie van die klas was 68.8%.
Toekennings
Tydens die jaarlikse Eden en Sentraal Karoo Onderwysdistriks se Nasionale Senior Sertifikaat prysuitdeling het Oakdale die volgende toekennings verwerf: n Beste landboutegnologie leerder in die distrik – Kéan Enslin, n Beste landbouwetenskap leerder in die distrik – Jaco Lamprecht, n Beste landboubestuurspraktyk leerder in die distrik – Daniël Joubert.
Toekennings vir 100% slaagsyfer, beste akademiese presterende skool in die distrik vir skole met meer as 80 kandidate in die Nasionale Senior Sertifikaat eksamen, beste presterende kwintiel 5 skool asook ’n trofee as die beste presterende skool in die distrik vir alle skole in die Nasionale Senior Sertifikaat eksamen.
Gewilde keuse
Oakdale is ‘n uiters gewilde hoërskoolkeuse vir seuns, vanweë die sterk waardegedrewe karakter van die skool. Die Oakdalers geniet elke oomblik van die lewe op Oakdale binne die raamwerk van sterk dissipline. Die Oakdalers is bekend vir die unieke samehorigheid, respek, hoflikheid en toewyding wat in alle fasette van menswees toegepas moet word.
Die landbou-aard van die skool maak dit uniek en bring ‘n nuwe ervaringswêreld binne bereik van elke seun. Landbou-opleiding is uniek en hou tred met die nuutste tendense van landbou- en tegnologie-ontwikkeling.
Oakdale word bestuur soos ‘n onderneming waar besigheidsbeginsels bydra tot die betrokkenheid van verskillende landbou-instansies as vennote in landbou-onderrig.
Die waarde van sport in die vorming van die Oakdale-leerders word hoog geag. Toewyding, dissipline en sterk sportmanskap word hoog geag in die vorming van ons leerders se mondering.
Onderrig, sport en landbou-fasiliteite is van uiters hoë gehalte, bydraend tot die sukses wat Oakdale-leerders op alle terreine behaal. Hier op Oakdale is die koshuis hul “huis” en die mede-leerders hul broers.
Die uiters bekwame en toegewyde personeel se entoesiastiese insette in die lewens van hierdie jongmanne word absoluut beskou as ‘n belegging in die jeug en die toekoms van ons land. Oakdale het ook ’n uitgebreide buitemuurse kurrikulum in terme van sport en kultuur.
Ons eerste rugbyspan het in Desember 2024 aan die World School Rugby Festival in Bloemfontein deelgeneem en teen verskeie oorsese skole gespeel en oortuigende wenne behaal. Oakdale se toutrekspan het as die onbetwiste wêreldtoutrekkampioene uit die stryd getree tydens die 2022, 2023 en 2024
Wêreldtoutrekkampioenskappe. Oakdale-seuns kry geleenthede wat min ander skoolseuns beskore is.
Oakdale is meer as ‘n skool, dit is ‘n leefwyse!
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’