Advertorial Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - HB Prokureurs (Helene Badenhorst Prokureurs), 'n gevestigde regsfirma in Oudtshoorn, het op 3 Februarie sy vyfde bestaansjaar gevier, 'n mylpaal wat getuig van volhoubare groei, professionele diens en 'n sterk verbintenis tot die gemeenskap.
Oor die afgelope vyf jaar het die firma sy teenwoordigheid uitgebrei na drie praktyke, met die Oudtshoorn-tak as hooftak. Volgens die eienaar, Helene Badenhorst, beskik die firma ook oor 'n sateliettak in George en 'n tak in Kaapstad.
Helene Badenhorst 'n gebore Oudts-hoorniet, is getroud met Daniel Nel, van Boplaas, Calitzdorp. Badenhorst het haar LLB en LLM-studies aan die Universiteit van Stellenbosch voltooi. Na haar studies het sy teruggekeer na Oudtshoorn waar sy op 3 Februarie 2021 HB Prokureurs gestig het.
Badenhorst skryf die firma se sukses toe aan 'n kombinasie van deeglike regskennis, 'n persoonlike benadering en 'n sterk fokus op kliëntediens.
"Ons werk daagliks met mense se beste én ook hul mees uitdagende oomblikke. Daarom is dit vir ons van kardinale belang om uitstekende diens te lewer en persoonlike verhoudings met ons kliënte te bou."
Gideon Badenhorst, het hom in 2022 by die firma aangesluit.
"Mnr. Badenhorst is die rede waarom ek 'n passie vir die reg ontwikkel het. Met 35 jaar se ondervinding in die bedryf lewer sy insig en kennis 'n onmeetbare bydrae tot ons firma," sê sy.
VIDEO: HB Prokureurs vier 5 produktiewe jare in Oudtshoorn
HB Prokureurs in Oudtshoorn, ook bekend as Helene Badenhorst Prokureurs, vier hierdie maand hul vyfde bestaansjaar - 'n mylpaal wat getuig van volhoubare groei, professionele diens en 'n sterk gemeenskaps-verbintenis.
Oor die afgelope vyf jaar het die firma sy teenwoordigheid met nog twee regspraktyke uitgebrei - een in George en een in Kaapstad.
Stigter en eienaar, Helene Badenhorst, 'n gebore Oudtshoorniet, is getroud met Daniel Nel van Boplaas, die veelbekroonde familiewingerd in Calitzdorp.
Sy vertel haar regsfirma onderskei hom van ander deur sy professionele standaard en die feit dat hul wortels diep in Oudtshoorn lê. Gideon Badenhorst, met 35 jaar ondervinding in die bedryf, se insig en kennis lewer 'n onmeetbare bydrae.
Group Editors het self gaan kyk wat maak HB Prokureurs so ekstra spesiaal.
Volgens haar onderskei die firma hom van ander deur sy professionele standaard en die feit dat die prokureurs se wortels diep in Oudtshoorn lê, 'n faktor wat bydra tot hul begrip van plaaslike dinamika en gemeenskapsbehoeftes.
Die span is onlangs versterk met die aanstelling van Renen Roets, wat in November 2025 by die firma aangesluit het. Roets het van Nelspruit na Oudtshoorn verhuis en spesialiseer in strafregtelike sake, egskeidings en litigasie. Sy vrou is 'n onderwyseres by Hoërskool Oudtshoorn.
Zoé Rondganger is tans besig om haar klerkskap by die praktyk te voltooi.
Gideon Badenhorst en Helene Badenhorst. Foto's: Klawer Fotografie
Onder Helene Badenhorst se leiding het HB Prokureurs hom in 'n relatief kort tyd gevestig as 'n betroubare en gerespekteerde regsfirma in die streek.
Met vyf suksesvolle jare agter die rug en 'n groeiende teenwoordigheid in die Wes-Kaap, sien die firma daarna uit om voort te bou op hul reputasie van professionaliteit, integriteit en persoonlike diens met Oudtshoorn steeds as die hart van hul firma.
Renen
Zoë
Gideon
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’