Sponsored Content
BESIGHEIDSNUUS - Met die somer wat in volle swang is en die dae wat langer en warmer word, bring dit ook die risiko van sonbrand saam. Blootstelling aan die son se skadelike ultraviolet-strale kan jou vel ernstig beskadig. Langtermyngevolge kan voortydige veroudering en 'n verhoogde risiko van velkanker insluit.
Queen's Apteek en Watson & Brink Apteek, het waardevolle wenke gedeel oor wat om te doen en wat om te vermy.
Wat om te doen as jy sonbrand het
- Koel die vel af: Neem 'n koel bad of stort om die hitte uit die vel te trek. Jy kan ook 'n koel kompres ('n nat handdoek wat in die yskas of vrieskas verkoel is) op die gebrande area plaas.
- Bevogtiging is belangrik: Wend 'n geurvrye vogroom aan om jou vel gehidreer te hou.
- Drink baie water: Sonbrand kan dehidrasie veroorsaak. Drink ekstra vloeistowwe om jou liggaam gehidreer te hou.
- Neem anti-inflammatoriesemiddels: Indien die sonbrand pynlik is, kan oor-die-toonbank anti-inflammatorise pynstillers soos Voltaren of Cataflam help om pyn en swelling te verlig.
- Anti-inflammatoriese gel soos Voltaren Gel of Fastum Gel help ook.
Wat om nie te doen nie
- Oumens-raad soos om in koeksoda bad of in 'n warm bad lê werk nie.
- Smeermiddels soos After Sun genees nie die sonbrand nie. Dit gee net 'n verkoelende effek op die vel. Langtermyn gebruik hiervan kan die inflammasie van die vel vererger.
Voorkoming
- Gebruik sonroom: Wend ’n breëspektrum-sonroom met ’n SPF van minstens 30 aan. Die sonroom moet minstens 'n uur voor jy in die son kom aangesmeer word en op 'n gereelde basis aangewend word omdat dit in water afwas of af sweet.
- Vermy piektye: Bly weg van die son tussen 10:00 en 16:00, dit is wanneer UV-strale op hul sterkste is.
- Dra beskermende klere: Hoede, sonbrille, en ligte, langmouklere bied uitstekende beskerming.
- Soek skaduwee: Sit onder ’n sambreel of boom wanneer jy buite is.
‘We bring you the latest Garden Route, Hessequa, Karoo news’