Advertorial
OUDTSHOORN NUUS - Skielik staan ons weer aan die begin van ’n nuwe skooljaar. Nuwe uniforms, skryfbehoeftes, tasse, onderwysers, klasmaats en skedules. In hierdie stadium is eksamens gewoonlik die laaste ding waaraan ouers (en leerders) dink.
Met soveel voorbereidings en verantwoordelikhede om aandag aan te gee, is dit verstaanbaar dat dit moeilik is om reeds so ver vooruit te beplan.
Met verloop van tyd raak die aanvanklike nuutheid egter deel van die daaglikse roetine. Leerders pas aan by hul nuwe graad en onderwysers, huiswerk neem toe, en projekspertye word vasgestel.
Voor ’n mens jou oë uitvee, staan die eerste toets- of eksamenreeks voor die deur. Dit is dikwels in hierdie tyd dat ouers begin besef daar is ’n behoefte aan addisionele ondersteuning, en hulp begin soek by leerondersteunings- of vakspesialiste om leerders met doeltreffende eksamenvoorbereiding by te staan.
Loudine Heunis is die alleeneienaar en stigter van EduHelp Garden Route, ’n onafhanklike tak van EduHelp Support Learning.
Volgens haar fokus EduHelp op ’n holistiese benadering tot akademiese leerondersteuning en ontwerp leerplanne gebaseer op individuele leerbehoeftes.
Loudine het tien jaar oorsee gewoon, waar sy Engels op skool- en universiteitsvlak onderrig het. Sy het ’n Meestersgraad (MA in Childhood & Youth) aan die Open University of the UK verwerf, en ’n MSc in Navorsing in Vroeë Kinderontwikkeling aan Leipzig Universiteit in Duitsland voltooi.
Daarbenewens het sy ’n BA- en Honneursgraad in Sielkunde aan die Universiteit van Suid-Afrika behaal en het sy tien jaar lank met kinders gewerk voordat sy in 2011 oorsee gegaan het.
Bemagtig leerders met lewenslange sagte vaardighede
By EduHelp bemagtig ons leerders met noodsaaklike, lewenslange sagte vaardighede, waaronder tydsbestuur, doeltreffende skedulering, asook die maak van opsommings en notas.
Ons fokus daarop om leerders te leer hoe om konsekwent en doelgerig te werk, en om gesonde studiegewoontes aan te leer, die boustene van ’n sterk werksetiek.
Ons ondervinding, ondersteun deur navorsing, toon dat konsekwente werk vanaf die begin van die eerste kwartaal beduidende voordele inhou.
Dit lei tot rustiger en meer ontspanne leerders, minder nuwe leerinhoud wat kort voor eksamens bemeester moet word, beter langtermyn-behoud van vakkennis, en uiteindelik verbeterde toets- en eksamenuitslae.
Foto: Desola Lanre Ologun, publieke domein
Verminder angstigheid om beter te kan leer
Kom ons skop sommer af met die voordeel van ’n meer ontspanne en minder angstige leerder. Wanneer ons in ’n toestand van hoë spanning en angstigheid verkeer, is effektiewe leer bykans onmoontlik.
Volgens dr. Lisa Jacobsen van die Kennedy Krieger Instituut belemmer angstigheid die brein se uitvoerende funksionering, wat dit uiters moeilik maak om nuwe inligting te verwerk en te onthou.
Angstigheid aktiveer die veg-of-vlug-reaksie, ’n diepgewortelde oorlewingsmeganisme wat die brein se vermoë om te leer oorheers.
Deur ’n kalm, gestruktureerde, veilige en voorspelbare leeromgewing te skep waarin leerders kan studeer, hersien en vir eksamens voorberei, word hulle optimaal vir sukses geposisioneer. In só ’n omgewing word aandag nie afgelei deur onnodige stres en angs nie, wat leer en konsentrasie bevorder.
’n Verdere belangrike oorweging is om leerders voldoende tyd te gee om nuwe leerinhoud te assimileer en te bemeester.
Die belangrikheid van hersiening
Foto: Compare Fibre, publieke domein
Wanneer leerders elke dag hersien wat hulle in die klas geleer het, vervul dit drie baie belangrike funksies:
• Eerstens gee dit hulle die geleentheid vir herhaling. Herhaling is hoe ons leer en dinge memoriseer. Deur ’n paar ure later weer die dag se klasmateriaal te hersien, kernpunte uit te lig en opsommings of notas te maak, verbeter leerders hul kanse om die leerinhoud effektief te onthou en te bemeester.
As daar gekyk na die Ebbinghaus Forgetting Curve hieronder, kan ons sien dat leerders meeste van die werk vergeet indien hulle dit nie hersien nie (1, 2 en 3. Dog, met elke herhaling (4, 5 en 6) van die nuwe inligting verbeter leerders hul onthouvermoë.
Eenvoudig gestel: sonder herhaling vergeet ons 90% van wat ons geleer het binne ’n maand, maar met gereelde herhaling lei ons ons breine op om informasie langtermyn te onthou.
Die Vergeetkurwe deur Hermann Ebbinghaus, British Council.
• Tweedens sit leerders wat daaglikse hersiening doen met aansienlik minder “nuwe” leerinhoud wanneer dit tyd is vir eksamenvoorbereiding. Teen eksamentyd behoort leerders reeds goed vertroud te wees met die inhoud waarop hulle getoets gaan word.
Hierdie vertroudheid bevorder ’n gevoel van kalmte, gemak en selfvertroue, aangesien leerders duidelik weet wat om voor te berei, wat om tydens die toets te verwag, en hoeveel kennis hulle reeds bemeester het. Die derde rede spruit uit die kernbeginsels van EduHelp se leerondersteuningsbenadering.
Foto deur Greg Rosenke, publieke domein.
Loudine verduidelik: “By EduHelp fokus ons daarop om ons leerders sagte vaardighede aan te leer wat hulle vir die res van hul lewens sal kan gebruik. Die skep van roetines, gesonde en volhoubare studieroosters, tyd- en stresbeheer, en die vermoë om hul sterkpunte te gebruik om uitdagings te oorkom, is almal lewensvaardighede. Deur hulle te help om die inisiatief en selfdissipline te ontwikkel om goeie studiegewoontes te kweek, bemagtig ons leerders en gee ons hulle die selfvertroue om onafhanklik te werk. Hierdie vaardighede is absoluut noodsaaklik vir hul holistiese ontwikkeling en welstand gedurende die skooljare. Maar selfs belangriker: om hierdie vaardighede vroeg aan te leer, rus dit hulle toe vir ’n leeftyd van suksesvolle bestuur van hul tyd, werkskedules, en geestelike en emosionele gesondheid.”
Gee jou kind vandag die geskenk van lewenslange vaardighede. Kliek deur na hul Focus of Services bladsye vir meer inligting oor die EduHelp-metode, en kontak haar gerus met enige vrae of om ’n tydgleuf te bespreek vir jou leerder.
“Ons sal ’n sakpasbenadering ontwikkel wat gebaseer is op jou kind se sterkpunte en behoeftes. Laat ons jou leerder help om die beste te maak van hul skoolloopbaan!”
Kontak Loudine Heunis: 065 056 0554 / loudine@eduhelp.co.za
’n Engelse weergawe van hierdie artikel verskyn op EduHelp se webwerf.
Loudine Heunis, alleeneienaar en stigter van EduHelp Garden Route.‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’