Gebore en getoë Oudtshoorniete, Etienne Swiegelaar en Daniël Terblanche vertel dat die restaurant juis op plaaslike inwoners gemik is. Een keer se besoek sal genoeg wees om te verseker dat dié restaurant binnekort een van die dorp se gunstelinge sal wees.
Nog `n bekende in die dorp, sjef Jaco Matthee, het die spyskaart ontwerp en beskryf dit as fine dine comfort food. Die spyskaart spog met watertanddisse soos gerookte- en ontbeende varknek, chicken pormadora en bees- en volstruisfilette. Gaste kan ook daagliks op die uitkyk wees vir mondwaterdisse wat op hul swartbord sal verskyn. "Om die kos- en gasvryheidsbedryf te betree is `n droom wat ons lank koester," vertel Swiegelaar.
Terblanche, met sy absolute passie vir kos en mense, is die restaurant se oorhoofse bestuurder en sal nou betrokke wees by die dag-tot-dag aktiwiteite terwyl Swiegelaar en sy moeder, Antoinette, voortaan meer by die daaglikse administrasie betrokke sal wees. `n Pizza-oond is een van die restaurant se nuwe toevoegings. Die kombuis is ook nuut oorgedoen. "Die hart van enige restaurant is sy kombuis en sy sjef," verduidelik Swiegelaar.
Die restaurant se personeel, `n span wat baie goed saamwerk, is aangevul deur vyf nuwe toevoegings, elkeen voorheen werkloos. "Dit is `n filosofie wat ek by my pa geleer het," vertel Swiegelaar. "Ons wil graag `n verskil maak in mense se lewens, vir hulle iets beteken."
Die droom sou ook nooit verwesenlik kon word sonder die ondersteuning van hul ouers nie. Die restaurant kan bespreek word vir privaat funksies, korporatiewe funksies asook troues. Matthee sal belangstellendes van begin tot einde lei in die opstel van `n spyskaart wat aan hul spesifieke behoeftes voldoen. Die restaurant het verlede Vrydagaand `n vooraf-opening geniet met genooide gaste. "Ons het reeds soveel gelukwensinge ontvang na daardie aand," vertel Swiegelaar. "Dit was `n reusesukses."
`n Musiekgroep wat vinnig besig is om opgang te maak, Bottomless Coffee The Band, het gaste getrakteer met ‘n besonderse mengsel van jazz en blues - musiekoptredes is beslis deel van die restaurant se toekomsplanne. Daar kan ook uitgekyk word vir geadverteerde buffetetes, egte boerekos wat besoekers sal laat terugverlang na ouma se kostafel.
Besoek The Black Swan Restaurant & Wine Bar vandag in Baron van Reede straat, langs ArtKaroo of kontak hul gerus by 044 272 0982 of per e-pos by info@blackswanoudtshoorn.co.za vir meer inligting.
FOTOGALERY
Leon Swiegelaar, Etienne Swiegelaar, Daniël Terblanche, Dwayne Venter, Adelë Venter en Antionette Swiegelaar.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein-Karoo nuus'