Gallery Sponsored Content Video
OUDTSHOORN SAKENUUS EN VIDEO - Die bekende IT Brilliance rekenaarwinkel en -dienssentrum op Oudtshoorn gaan van krag tot krag 'n jaar nadat dié onderneming by hul moderne perseel in Voortrekkerweg by die Seppie Greeff-gebou, in Oudtshoorn, ingetrek het.
Een van die nuwe toevoegings by die winkel is die bekendstelling van die Breedenet-internetdienste. Hierdie internetdiens verskaf hoë spoed internet, VOIP kommunikasie en webvestiging aan huis- en besigheidverbruikers.
Volgens Coenraad Lotz, een van die tegnici by IT Brilliance, moet belangstellendes aanlyn registreer en 'n vraelys invul waarna hy en sy span die betrokke woning of perseel sal besoek om te bepaal of die area geskik is om internet op te vang.
Sodra die lyn goedgenoeg geag is sal IT Brilliance 'n boodskap na Breedenet-internetdienste stuur om te bevestig dat die klant voldoende sein opvang. Installasie kan dan voortgaan met 'n eenmalige bedrag van R1 950 wat betaalbaar is.
Dit sluit die router, ontvanger asook die kabels in wat daarmee gepaardgaan. Die internetlyn word dan geaktiveer en die klant het dieselfde dag nog internet. Internetpakette begin by R399 (4mbps), R499 (6mbps) en R699 (8mbps) en betalings kan per debietorder of EFT gedoen word.
Alle bovermelde pryse mag in die toekoms verskil.
Kyk 'n video hieronder:
Addisionele produkte en dienste wat IT Brilliance bied, sluit in:
• Netwerkkabels
• Versekeringskwotasies
• Herstelwerk en instandhouding van rekenaars en drukkers
• Hulpverlening en inligting met betrekking tot internet en rekenaars
• Verkope van rekenaars, sagteware, drukkers en inkhouers
• Verkope van alle elektroniese en rekenaarbybehore, skootrekenaars en ‘n verskeidenheid produkte vir entoesiaste van elektroniese speletjies (gaming)
• Verkope van kantoortoerusting
Besoek IT Brilliance by Winkel 6 Seppie Greeff-gebou Voortrekkerweg Oudtshoorn of kontak hulle by 044 272 2259 en per e-pos by sales@itbrilliance.co.za.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'