Grondwerke vir die bou van die dienssentrum het pas 'n aanvang geneem en daar word beplan om vroeg volgende jaar met die bouwerk te begin. Die eerste fase van die dienssentrum sluit die kantore, eetsaal, kombuis en die eerste gedeelte van die siekeboegfasiliteite in.
Fynbos is 'n projek van die Rotariërs op Mosselbaai. Soos by ander aftree-ontwikkelings van die Rotariërs bly die organisasie betrokke by die projek selfs nadat alle eenhede verkoop is. Hulle staan dan die trusteeraad by met die bestuur van die oord wat gemoedsrus aan inwoners bied.
Die jarelange ervaring van soortgelyke ontwikkelings van André van Greunen (voorsitter), De Villiers Neethling (bourekenaar) en Ian Hamilton (argitek), dwing baie gesag af terwyl die boukontrakteur, Herman Mostert van Tretsom Bouers, stukrag aan die die ontwikkeling gee.
Volgens Leon van Dyk, voorsitter van die Mosselbaai Rotariërs is dit net 'n plesier is om deel te wees van 'n projek wat op geoliede ratte loop.
Die Fynbos Hoogte Leefstyloord is op die pad na die casino, net duskant die bekende Pinnacle Point-gholflandgoed geleë en is slegs sowat 5 km vanaf Life Bay View-hospitaal.
Vir enige navrae oor hierdie uiters gewilde ontwikkeling kan die eksklusiewe bemarker, Marinette Smith, by 082 890 5086 geskakel word.

Die ontwikkelingspan van Fynbos is, van links: Ian Hamilton (argitek), Leon van Dyk (Mosselbaai Rotariërs), André van Greunen (voorsitter), Marinette Smith (bemarker), en De Villiers Neethling (bourekenaar).
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein-Karoo nuus'