Leré Stander, Quick Care se primêre gesondheidsversorger, staan aan die hoof van `n uiters bekwame en professionele span wat hul dienste aan die publiek beskikbaar stel om die behoeftes aan te spreek van soveel mense wat mediese sorg verlang, maar deur stygende kostes verhoed word.
"Ons doel is om 'n warm, vriendelike en rustige atmosfeer te skep waar elke pasiënt belangrik is vir ons," vertel Stander.
Stander het reeds 14 jaar ervaring as ge-kwalifiseerde hospitaal verpleegster agter die rug waarvan die laaste agt jaar as primêre gesondheidsuster by die weermag. Pasiënte kan dus verseker wees van slegs die beste diens wat insluit:
- Konsultasie vir siektetoestande met medikasie teen bekostigbare fooi
- Wondsorg vir enige tipe wonde
- Bloeddrukmonitering
- Suikertoetse
- HIV-toetse en berading
- Tuisbesoeke
Karen Stander staan aan die stuur van die babakliniek. Hier kan alle nodige immunisasies verkry word. Stander bied ook voorgeboorte klasse, baba masseringsklasse asook `n borsvoedingkliniek, alles teen bekostigbare pryse.
Besoek Quick Care gerus by St Johnstraat 139 of skakel 044 272 5347 of 044 272 5372.