Advertorial
BESIGHEIDSNUUS - Ford Mosselbaai, 'n handelaar wat steeds opslae maak, het verskeie opwindende vooruitsigte vir kliënte in 2024.
'n Gelukkige kliënt en Ford-eienaar, Vincent Jansen van Vuuren is as die wenner van dié motorhandelaar se gewilde kompetisie, Ford 100 The Celebration of the Century aangekondig.
Van Vuuren het bykans R57 000 gewen en staan nou 'n kans om die groot prys te wen - wanneer Ford vir die wenner se nuwe voertuig betaal.
Naas geleenthede soos dié gewilde kompetisie, is daar boonop 'n opwindende reeks nuwe modelle en 'n groot verskeidenheid keuses wat die motorhandelaar aan potensiële kliënte vanjaar bied.
Ford sal vanjaar sy gewilde Ranger portefeulje uitbrei met die Ranger Platinum en Tremor. Die nuwe Mustang Dark Horse en GT modelle sal ook vanjaar in Suid-Afrika aankom.
Die Ford Territory, 'n vyf sitplek-gesin-SUV, is ook op pad na Suid-Afrikaanse vertoonlokale. Hierdie is slegs enkele van die opwindende nuwe modelle wat Ford vir sy kliënte sal aanbied, besoek gerus hulle webwerf: www.ford.co.za vir 'n volledige lys van modelle .
Ford Mosselbaai glo in flink diens en die personeel by Ford Mosselbaai sal agteroor buig om in kliënte se onderskeie behoeftes te voorsien. Ford Mosselbaai spog met 'n werkswinkel wat kliënte bystaan, sonder dat voertuigeienaars lank hoef te wag. Kliënte kan binne 48 uur 'n diensafspraak bekom.
Ford Mosselbaai se handelaarshoof, Pieter Ackerman: "Hierdie dienssentrum verseker dat ons topgehalte nadiens kan lewer aan al ons klante."
Personeel
Corné Viljoen is deur Ford Mosselbaai met die hand uitgesoek om aan die voorpunt van hul gebruikte voertuig-afdeling te bly. Viljoen het reeds meer as
21 jaar ondervinding in dié sektor.
Hy is puntenerig en glo dat slegs die beste kwaliteit gebruikte voertuig vir Ford Mosselbaai kliënte goed genoeg is. "Ons gebruikte voertuie is goedkoper as ons mededingers met betrekking tot waarde vir geld."
Kopers van tweedehandse voertuie is in Viljoen se bekwame hande en kan slegs die beste produkte en diens te wagte wees.
Ford Mosselbaai se onderdele bestuurder, Lee Terblanche, is reeds 'n bekende gesig by die handelaar.
Terblanche werk reeds die afgelope vier jaar vir die motorhandelaar en is deurgaans gemotiveerd om te verseker dat kliënte hulle onderdele betyds ontvang. Hy geniet 'n hoë aansien en sal uit sy pad gaan om diens te bespoedig.
Nuwe 4x4-baan
Mosselbaai Ford-entoesiaste kan nou aansluit by die Ford Avontuurklub. 'n Splinternuwe 4x4-baan is onlangs by Bartelsfontein tot stand gebring. Ford-eienaars van gebruikte sowel as nuwe voertuie kan behalwe vir uitstekende opleiding, boonop die baan gebruik om elke moontlike toerusting te toets en die voertuig tot sy optimale funksie te gebruik.
Besoek Ford Mosselbaai op die hoek van Louis Fourieweg en Via Appiestraat in Voorbaai, Mosselbaai of kontak hulle by 087 086 5150.
Lee Terblanche Ford Mosselbaai se partebestuurder.
Corné Viljoen, bestuurder by die gebruikte voertuig-afdeling van Mosselbaai Ford.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’