Advertorial Gallery
TUINROETE | KAROO NUUS - Die bouwerk aan die eerste sewe huise van die nuwe leefstyloord, Ellenrust, in Stilbaai begin in Meimaand.
Petro de Jager, projekbemarker, sê sy is geweldig opgewonde om dié projek van die grond af te kry.
"Daar was oponthoude met goedkeurings-prosesse, maar dit behoort binnekort iets van die verlede te wees en kan ons die nuwe projek amptelik begin."
Ellenrust is 'n leefstyloord waar mense in die pragtige Stilbaai tussen die see en natuurreservate kan aftree.
De Jager sê Stilbaai is baie veilig met 'n stabiele munisipaliteit wat puik dienste lewer.
"Dit is 'n veilige dorp waar mense gerus kan voel as hulle in die aand gaan slaap."
Volgens haar moet 'n oord 'n veilige belegging wees waar mense gemoedsrus kan hê, en dit is presies wat Ellenrust bied.
Die projek word in drie fases gebou en 128 enkeltitel-erwe is beskikbaar.
FOTOGALERY: Die bou van die eerste 7 huise van die nuwe leefstyloord, Ellenrust, begin
Voornemende kopers het sewe bouplanne om van te kies, en kopers kan klein veranderinge aan die standaard bouplanne maak. Na die oordrag van die erwe word die planne deur die munisipaliteit goedgekeur voor die spanne met die bouwerk begin.
"Die siviele dienste in fase 1 is reeds voltooi. Die eerste deel van die gesondheids-orgsentrum word ook in fase 1 gebou, sowel as die hekhuis en die omheining van die oord. In die tweede fase sal die biblioteek, kombuis, administrasiekantoor, ontspanning- en eetsaal gebou word. Tydens die laaste fase sal die gesondheidsorgsentrum voltooi word."
Belangstellendes kan Petro by 066 354 0183 kontak.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'