Die port het ook verskeie ander gesogte toekennings ontvang waaronder 'n 5-ster toekenning by Platter en ‘n dubbelgoud by Veritas.
Verder het Boplaas ook nog twee wyne in die Top-6 gehad. Hulle is die Boplaas Cape Tawny N/V en die Boplaas Cape Vintage Reserve Port 2010. Boplaas Muscadel 2014 is ook aangewys as die beste waarde gefortifiseerde wyn met ‘n waarde van R 108 en dit verkoop vir slegs R 52 by die Boplaaskelder.