Advertorial Gallery
OUDTSHOORN NUUS - Die stylvolle en ruim huis by Meyerstraat 13 tel sedert verlede week onder Oudtshoorn se top gastehuise. Peet en Sandra Kruger, ontwikkelaars van Gauteng, het die eiendom 'n ruk gelede gekoop en geen moeite ontsien om dit in die luukse Bethel BnB & Spa te omskep nie.
"Ons is baie lief vir die Karoo en het 'n droom in ons harte gehad om in Oudtshoorn te belê," het Sandra Saterdag tydens die amptelike opening van Bethel gesê.
Dié praggebou is die tweede eiendom wat die Krugers in die dorp aangekoop het. Die ander een is in Hoopstraat en is in akkommodasie vir hoofsaaklik studente omskep. "Ons glo in Oudtshoorn en hierdie is beslis nie ons laaste projek in die dorp nie," sê Peet wat die afgelope vier dekades groot bouprojekte in Gauteng voltooi het.
Bethel BnB & Spa het ses luukse, lugversorgde en ten volle toegeruste en-suite kamers met gratis Wi-Fi, DSTV, 'n koffiemasjien, haardroër en kroegyskas. Vier van die kamers is op die boonste vedieping geleë met 'n gerieflike gemeenskaplike sitkamer.
Dié praggebou is die tweede eiendom wat die Krugers in die dorp aangekoop het.
Die ander twee kamers is op die grondvloer met nog 'n ruim sitkamer, moderne kombuis en eetlokaal wat op die binnenshuise swembad uitkyk. Daar is ook 'n ten volle toegeruste spa en buitelug swembad op die perseel.
'n Smul-ontbyt is teen addisionele koste beskikbaar.
Peet en Sandra Kruger.
"Ons deure staan oop, en ons wil graag Oudtshoorn se mense ontmoet. Kom maak gerus kennis," nooi die egpaar,
Enige bespreking wat vergesel word met uitknipsel van die berig kwalifiseer vir 10% afslag (Een afslag per bespreking)
Kontak Bethel BnB & Spa by 061 184 8808 of loer sommer self in by Meyerstraat 13 Oudtshoorn.
Die stylvolle en ruim huis by Meyerstraat 13.
ethel BnB & Spa het ses luukse, lugversorgde en ten volle toegeruste en-suite kamers met gratis Wi-Fi, DSTV, 'n koffiemasjien, haardroër en kroegyskas.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'