Sponsored Content
SAKENUUS - Hierdie jaar vier Pam Golding Eiendomme Oudtshoorn sy 20ste bestaansjaar in die hartjie van die Klein-Karoo.
As ons terugkyk op hierdie mylpaal, weet ons dit was ’n wonderlike avontuur en ’n onvergeetlike reis.
Oor die afgelope 20 jaar het die agentskap die onvermydelike ekonomiese op- en afdraandes deurstaan en sodoende sy posisie as ’n voorkeur- en geliefde eiendomsagentskap in die streek gevestig.
Sukses het tyd geneem.
Ons het nog altyd daarna gestreef om aan kliënte se verwagtinge te voldoen en dit selfs te oortref.
Ons het soms teleurgestel, maar ons het altyd daaruit geleer.
Dit is ’n proses van voortdurende groei.
Die herdenkingsvieringe val saam met nog ’n groot prestasie.
Die gemeenskap het Pam Golding Eiendomme weereens genomineer vir die gesogte ‘Best of Oudtshoorn’-toekenning - ’n bewys van die vertroue wat die agentskap oor die afgelope 20 jaar opgebou het.
Ons is ongelooflik geseënd en dankbaar vir hierdie nominasie. Ons sien daarna uit om die Klein-Karoo nog vir baie jare te dien.
Klik hier om vir Pam Golding Eiendomme Oudtshoorn te stem!
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’