Advertorial
SAKENUUS - Bella Bunz is verlede jaar in die middel van die inperking gebore met 'n unieke produk waarmee vroue in minder as 'n minuut hulle hare in 'n perfekte bolla kan maak.
In 2020 het Monique Pool en haar verloofde Dillon Lerm, 'n bekende in die vermaaklikheidsbedryf, se lewe drasties verander toe alle optredes opgeskort is as gevolg van die pandemie. Dit was die begin van Bella Bunz. (Sien hulle advertensie op die voorblad.)
Die produk is so gewild dat daar tans 90 agente landwyd en in Namibië is en daar is 'n tak in Nieu-Seeland.
"Ons het nooit gedink dat daar in die eerste jaar soveel geleenthede sou opkom nie. My passie is om hierdie klein army van vroue, te inspireer dat hulle elke dag met hoop in die hart net die beste kan wees en in hulself glo," sê Monique.
Ten spyte van talle uitdagings is Bella Bunz 'n reusesukses met nog baie planne vir die toekoms.
Besoek gerus hulle webtuiste: www.bellabunz.co.za of stuur navrae per WhatsApp na 061 474 9487.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'