Advertorial
BESIGHEIDSNUUS- Onlangs het Boplaas 'n baie spesiale whisky gebottel nl. Boplaas Single Malt Whisky 6 YO vir die Springbok-spelers. Elke bottel is geteken en genommer met die speler se nommer. Dit was gedistilleer van ingevoerde Skotse peat, verouder in eks-bourbon vate vir vyf jaar en daarna verder verouder in eks-bourbon in Boplaas SA kampioen port vate vir twee jaar. Gebottel teen 54%, slegs 300 bottels is geproduseer.
Boplaas Whisky is in 2018 en 2019 as die beste Suid-Afrikaanse whisky by die gesogte Michelangelo Internasionale Wyn & Spirits-kompetisie bekroon, en dit het ook verskeie ander toekennings by plaaslike en internasionale wynskoue ingepalm.
Daniel Nel van Boplaas sê hul geheim vir hierdie topgehalte whisky is nie net die feit dat hulle die beste Suid-Afrikaanse mielies in die stookproses gebruik, en 'n modern ketel daarby nie, maar ook die vate waarin die whisky verouder word.
Die whisky, sê hy, word eers vir vyf jaar in ou bourbonvate verouder, waarna dit vir 'n paar jaar in Boplaas se kampioen port vate afgerond is.
Die Klein-Karoo se klimaat is volgens Daniel, ook uitstekend vir die veroudering van spiritus as gevolg van die lae humiditeit, en die angel's share is aansienlik hoër as die in Skotland en Ierland.
Die angel's share is die gedeelte van die alkohol wat deur die vate verdamp en dit maak die whisky sagter in 'n korter verouderingstydperk.
Daniel, 'n sesde-generasie stoker het reeds in 1880 begin toe Daniel se agter-oupagrootjie brandewyn na Engeland uitgevoer het. In daardie dae het hulle die brandewyn in eikehoutvate op ossewaens na Worcester geneem, waarna dit per trein na Kaapstad se hawe geneem is, en dan per skip na Londen.
Besoek gerus Boplaas in die prentjie mooi Calitzdorp. Die proelokaal is oop sewe dae per week.
Vir meer inligting besoek webwerf - www.boplaas.co.za
‘We bring you the latest Garden Route, Hessequa, Karoo news’