Boplaas word beskou as 'n top produsent van rooiwyn van Portugese variëteite en sy vlagskip, die Gamka ('n versnit van Touriga Nacional en ander rooi druiwe) het 'n uitnemende 91 punte behaal na beoordeling deur die vermaarde Britse Wynmeester, Tim Atkins.