’n Fosfaattekort is in Gauteng, Limpopo, Noordwes, Vrystaat en KwaZulu-Natal aangemeld. ’n Tekort aan mikro-elemente kom ook wyd voor, waaroor veeartse goeie raad kan gee.
RuVASA reik maandeliks ’n verslag oor die voorkoms van dieresiektes, parasiete en ander toestande by vee uit. Die verslag word saamgestel uit inligtng wat van veeartspraktyke ontvang word. Die doel is om boere in te lig oor siekteneigins, maar veral om siektes wat in hul area voorkom of dalk kan voorkom, voorkomend te beheer deur inenting en te let na diere wat met siektes en parasiete en al ingekoop word.
Altesaam 119 verslae is gedurende Oktober van veeartse in al nege provinsies en van voerkrale en laboratoriums ontvang. Die tabel som die parasiete en siektes op wat gedurende Oktober aangemeld is.
Inwendige parasiete:
Malan raai boere aan om op te let vir besmetting met inwendige parasiete, naamlik bloedarmoede, kwakkeel, gewigverlies en maagwerking. Diere wat onder stres verkeer, soos tydens ’n droogte, is meer vatbaar vir parasietbesmetting.
Uitwendige parasiete:
Uitwendige parasiete, soos bosluise, kom nou op groot skaal op vee en wild voor en besmettings is in ál nege provinsies aangemeld. Bosluise veroorsaak ’n menigte bosluisgedraagde siektes soos rooiwater en hartwater. Die meeste van hierdie siektes kan met entstowwe beheer word. ’n Veearts kan raad oor voorkomende stappe gee.
Insekoordraagbare siektes:
Siektes wat deur insekte veroorsaak word, berokken boere baie skade en die eerste gevalle is reeds opgemerk, waaronder knopvelsiekte, drie-dae-stywesiekte en bloutong. Entstowwe vir sulke siektes moet betyds toegedien word om seker te maak deeglike voorkomende maatreëls word toegepas.
Faffa sê bakteriese siektes kan voorkom word, maar dan moet boere met hul veeartse gesels sodat die vee betyds met ’n entstof behandel word.
Geslagsiektes:
Geslagsiektes maak nog steeds amok onder die vee. Daar is geen behandeling as ’n bees, skaap of bok reeds ’n geslagsiekte opgedoen het nie. Daarom is dit noodsaaklik om hulle voorkomend in te ent.
Virussiektes:
Daar is ook geen behandeling vir diere wat ’n virussiekte opgedoen het nie en vee word slegs deur entstowwe beskerm, indien dit beskikbaar is.
Vergiftiging: