‘n Interesssante program oor die basiese beginsels van saadproduksie is op 9 Oktober op Dawid en Bertus Boerdery buite Calitzdorp aangebied, en op 10 Oktober is die jaarlikse galadag by die Oudtshoorn Navorsingsplaas gehou.
“Die eerste Saadsafari/Boeredag is deur 12 mense bygewoon en ek is verras en verheug met die belangstelling wat vanjaar se Saadsafari/Boeredag ontlok het,” het David Malan, KKSP se besturende direkteur, gesê.
Op die eerste dag is die onderwerp toegelig deur kundige sprekers, uitstallings en demonstrasies. Onderwerpe wat deur verskeie kundige sprekers aangeraak is het gewissel van besproeiingstegnologie, die beheer van peste en plae, die gedrag van bye, onkruidbeheer tot die werking van kapasitansiemeters wat deur johan Strassheim, 'n plaaslike boer, toegelig is.
Na ‘n kort saad-safari met vyf verskillende besoekpunte deur die landerye Woensdagaand afgesluit met ‘n kuier by die Bosvarkie.
Tydens dag twee is nog drie interessante lesings aangebied waarna David Malan ‘n oorsig oor die jaar gegee het en die beste saadkwekers vir 2012/13 is aangewys het.
Vir meer inligting oor enige aspek van saadprodusie wat by die boeredag bespreek is, kontak Klein Karoo Saadproduksie se kantoor by 044 203 5207.

Die beste saadwerkers vir 2012 / 2013 is tydens KKSP se boeredag aangewys. Agter van links is: David Malan (besturende direkteur: KKSP), Louis Zaaiman, Hannes van Niekerk, James King, Henry Coetzee, Frans Delport en Sarel du Plessis. Voor van links: Koos Potgieter, Celia le Roux, Jannie Lategan, Frans du Toit, Hendrien Conradie, Derec Gites, Jacques du Plessis en Jan Rabie.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete | Klein-Karoo nuus'