OUDTSHOORN NUUS - Klein Karoo Saadproduksie (KKSP), een van drie afdelings van die Klein Karoo Groep, het verlede week tydens 'n glansgeleentheid by Surval Olyf Boetiekhotel erkenning gegee aan saadprodusente.
"Voedselsekuriteit bestaan wanneer alle mense te alle tye toegang tot bekostigbare, gesonde kos het," het David Malan, KKSP se uitvoerende bestuurder in sy oorsig oor voedselsekerheid, tendense in die mark en resultate van die afgelope seisoen gesê.
Altesaam 31 van 154 produsente landwyd is aangewys as wenners en naaswenners in die verskillende saadproduksie-kategorieë.
Celia le Roux
Celia le Roux van Domein Doornkraal (Edms.) Bpk. naby De Rust, is die enigste vroueboer wat aangewys is as wenner in die kategorie oop-bestuifde lente-uie. "Dit was 'n spanpoging," sê Le Roux, wat ses jaar gelede op die familieplaas naby die Stompdrifdam begin boer het.
"Groot dank aan Oubaas Schoeman van die buurplaas en my pa Swepie, wat my touwys gemaak het met saadproduksie - hulle insette is van onskatbare waarde." Sy loof ook haar span wer-kers se toewyding.
Kategorie-wenners in die Klein-Karoo
- Louis Zaayman van Fanie Zaayman Boerdery BK, Calitzdorp - OP Geel uie (5 ha+)
- André de Wit van Scholtzkloof Boerdery (Edms.) Bpk., Prins Albert - Rooi Uie (5 ha+):
- Celia le Roux van Domein Doornkraal (Edms.) Bpk., De Rust - OP Lente-uie:
- Johannes, Frans en Bernard Delport van Delport Broers Boerdery BK, De Rust - F-1 Lente-uie sowel as beet. Hannes van Niekerk van Vanniek Boerdery BK, Calitzdorp - F-1 Wortels
- Le Roux van der Westhuizen van MM le Roux van der Westhuizen Trust, De Rust - OP Wortels:
- Coetzee Laubscher van Saffraanrivier tussen Oudtshoorn en Mosselbaai - Preie:
- Edward Wisse van Buffelboschpoort Boerdery BK, Lategansvlei - Koolgewasse:
Kobus en Jolandi Leen van Kobus se Kwekery op Oudtshoorn het die toekenning gekry vir die beste opkomende landboubesigheid van die jaar.
Die wenners in die verskillende kategorieë.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'