Gallery Video
TUINROETE NUUS EN VIDEO'S - Die Nasionale Jeugskoukampioenskap word van vandag tot Woensdag vir die heel eerste keer in George in die Suid-Kaap aangebied.
Dit vind by die skougronde plaas van 09:00 tot 18:00 en Woensdag van 09:00 tot 13:00.
Die prysuitdeling word Woensdagaand by die 4 Brothers aartappelstoor gehou.
Daar is 15 afdelings waarvoor 400 kinders van dwarsoor die land ingeskryf het.
Vandag het die kinders die diere voorberei en ‘n teorie-eksamen afgelê.
Môre, 2 Oktober, is die hoofdag, wanneer die diere vertoon sal word.
Toegang is gratis en die publiek is baie welkom om dit by te woon.
Kyk 2 video's hieronder:
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'