OUDTSHOORN NUUS - Boplaas Familie Wingerde het weereens gewys waarom hulle beskou word as 'n topprodusent van SA Cape Port en rooiwyne gemaak van Portuguese kultivars.
Die kelder se 2016 Cape Vintage Reserve Port is aangewys as die beste port in SA vir 2018 by vanjaar se NWC (National Wine Challenge) en het 'n Grand Cru, beste in klas en 'n platinum medalje losgeslaan.
Dit was ook vroeër die SA kampioen port by die SA Jongwynskou. Dit is ook aangewys as die mees bekroonde Port in SA by NWC in die Grand Cru klas.
Die Boplaas Touriga Nacional 2017 het 'n dubbel goue medalje gewen te danke aan wynmaker, Margaux Nel, wat spog met 'n MSc-graad in wingerdkunde.
Boplaas se Ring of Rocks 2015 'n versnit van Portuguese rooi kultivars sowel as die Boplaas Gamka Branca 2016 het elk dubbel silwermedaljes losgeslaan.
Die mede-eienaar van Boplaas, Carel Nel, is trots op die toekennings en sê dat die toewyding in die wingerde sowel as die kelder jaar na jaar wêreldklas wyne oplewer.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'